Home Calvinia Citrusdal Clanwilliam Doring Bay Elands Bay Graafwater Hondeklip Bay Klawer Lamberts Bay Lutzville Nieuwoudtville Port Nolloth Redelinghuys Springbok Strandfontein Vanrhynsdorp Vredendal

Afrikaans
Agri Discussion
Beauty
Classifieds
Contact us
Current Affairs
Education
Feedback
Food
Health
Info
Money
News
Property
Shopping
Sport
Wine
Calendar
Rittelfees
Weather
Vrede Visplaas

 

Tsoenami
( Vir: Alle oorlewendes naasbestaandes familie en vriende )
Floris Abraham Brown

 


die see was nog altyd vriendelik – skelm
aan derduisende gee hy daagliks brood
en bring voedselverligting in hongersnood
hoe lief ons hom ookal het
die see bly vir ewig vriendelik - skelm

met hooggety het hy
’n diep teug gegee
’n dieper teug as al die jare
vantevore
en toe spoeg hy
’n grootse spoeg
’n hemelse hoë spoeg
’n verwoestende spoeg
wat verander in galge braak
’n galge braak wat derduisende
lyke nalaat soos hy terugteug
en rustig raak

die see was nog altyd vriendelik – skelm
vleiend onheilspellend speel hy sy
brandervingers deur jou siel
maar hoe lief ons hom ookal het
die see bly vir ewig vriendelik - skelm

dankie GOD vir hulle
wat veilig huis toe kon kom
ons harte bloei vir hulle
wat ons vandag moes begrawe
en groet met ’n hartseer en 'n blom

die see was nog altyd vriendelik - skelm
sy sagte vingers klots teen jou voete aan
lok jou roep jou die diepsee in
maar hoe lief ons hom ookal het
die see bly vleiend vriendelik - skelm

 


Die See Nimf

deur Ernst van Biljon  

Augustus 2004

Soos jy wil

deur Floris Abraham Brown

 


Uiteindelik kom jy deur

-die misbank waai weg-

die misbank kom weer

dan is jy hier dan daar ...

 

Is jy die rooikop see nimf

van weleer wat dansend

sensueel rondomtalie

met groen oe wat skalks loer

en 'n glimlag wat koket

 

Dankie tog

vir die deurbraak

- 'n milliesekonde -

dit was asemrowend mooi

die rooikop wat verdwyn

voor sy verskyn

 

Dans nog rooikop

dans nog baie meer

wys my jou lyf jou leef

laat my kleef aan die halmpie

deur die wind verwaai

 

Laat my toe om deur die groen oe

die smeulend polsend trom

se ritme te ervaar

en deur die misbank

tog die nimf se volle glorie te bewaar .

ek sal altyd vir jou wag

soos die wolf,

skugter

op ’n afstand bly

voordat hul gryp of byt

 

op ’n afstand bly tot jy

die teken gee vir  neem

 

sou jy sê vries!

sal ek vries

 

altyd rondom jou bly

met skaam oë altyd soekend

rondom jou

tot jy gereed is

 

grommend

op ’n afstand

sal ek vir jou dans

of roep,

teen die skuins maanligkrans

 

Ons wil graag julle afrikaans hier plaas.  Stuur dit vir info@namakwa.com en jy sien dit een van die dae hier.  Gratis, verniet, op die huis - ma't gebak!

 

 

designed & maintained by

D I G I T A L   A L L I A N C E