Home Calvinia Citrusdal Clanwilliam Doring Bay Elands Bay Graafwater Hondeklip Bay Klawer Lamberts Bay Lutzville Nieuwoudtville Port Nolloth Redelinghuys Springbok Strandfontein Vanrhynsdorp Vredendal

Afrikaans
Agri Discussion
Beauty
Classifieds
Contact us
Current Affairs
Education
Feedback
Food
Health
Info
Money
News
Property
Shopping
Sport
Wine
Calendar
Rittelfees
Weather
Vrede Visplaas

 

 

 

Twee van die belangrikste dinge in die lewe is tyd en geld.

Ongelukkig ook die skaarsste.

 

Ons het almal geld en tyd nodig om ons behoeftes, doelwitte en drome te bereik en moet tyd inruim om daarvoor te beplan.

 

Gelukkig het Ou Mutual 'n reeks produkte om u te help beplan vir u behoeftes, drome en doelwitte. Dit sluit in:  Finansiële beplanning, doods- en lewensversekering, aftree beplanning, beleggings en geldbestuur.

 

Ek sal graag met u wil gesels oor die rol wat Ou Mutual in u beplanning kan speel en sal binnekort met u skakel om 'n afspraak te reël op 'n tyd wat vir u geleë is.

Indien u my vroeër wil kontak is u welkom om my te

skakel by die onderstaande nommers:

 

Tel:  027 213 2017

Sel:  084 700 4007

e-mail: hbotha@oldmutualpfa.com


Kliek hier en lees meer oor:  Testamente

 

Henda Botha

Finansiële Adviseur

 

Vredendal Distrikskantoor
Paarl Area
WesKaap-Streek


Finansiële dienste wat

aangebied word:

 

-Finansiële Beplanning

-Geldbestuur

-Kapitaalwinsbelasting

-Vroue mark

-Opvoeding

-Doods- en

 Lewensversekering

-Trusts, testamente en

  boedels

-Korttermynversekering

-Sake-entiteite

-Aftrede

-Beleggings


In die volgende paar weke gaan ons op die volgende onderwerpe fokus:

 

1.      Finansiële beplanning

2.      Boedelbeplanning

3.      Beleggings

4.      Aftreebeplanning

 

 

Finansiële beplanning behels deurlopende beplanning rondom die opbou, beskerming, uiteindelike verdeling en natuurlik die gebruik van jou bates gedurende die verskillende fases van jou lewe.

 

Finansiële beplanning berus in ‘n groot mate op wanneer en hoe jy jou geld bestee, met die doel om te verseker dat jy en jou gesin oor die langtermyn die maksimum voordeel uit jou bates kry.

 

Deeglike beplanning is die enigste verstandige manier om vandag in ‘n snelveranderende wêreld te oorleef.

 

‘n Bekwame finansiële adviseur kan jou help om seker te maak dat jou planne meer doeltreffend, billik en regtens uitvoerbaar is.

 

Persoonlike finansiële beplanning behels ‘n deeglike ontleding en hersiening van alle aspekte van ‘n persoon se finansiële sake, en die voorbereiding van ‘n omvattende verpersoonlikte plan om daardie persoon te help om oor die langtermyn finansiële sekuriteit te verkry.

 

‘n Goeie finansiële beplanner sal die volgende ses duidelike

stappe in sy finansiële beplanningsproses gebruik:

 

  1. Versameling en ontleding van alle relevante finansiële inligting soos bates en laste, belastingopgawes, versekeringspolisse, testamente en pensioenplanne.

  2. Identifiseer beide finansiële en persoonlike behoeftes en doelwitte: voorsiening vir kinders se opvoeding, aftrede, bejaarde ouers finansieel te ondersteun.

  3. Identifiseer finansiële probleme wat moontlike hindernisse kan skep vir finansiële onafhanklikheid soos te min of te veel versekering, ‘n hoë belastinglas, ontoereikende kontantvloei, of huidige beleggings hou miskien nie tred met veranderende ekonomiese tye nie.

  4. Verskaf skriftelike aanbevelings en alternatiewe oplossings: die omvang van die aanbevelings sal wissel volgens die kompleksiteit van elke persoon se besondere situasie.

  5. Implementeer die regte strategie om seker te maak dat die persoon sy/haar doelwitte bereik. ‘n Finansiële beplanner kan net van hulp wees as die aanbevelings in aksieplanne omskep word.

  6. Van tyd tot tyd finansiële planne hersien om seker te maak dat die persoon sy/haar doelwitte bereik. Dit is raadsaam om minstens een keer per jaar ‘n finansiële “ondersoek” te doen om bestek op te neem van veranderinge in lewensomstandighede en wisselende ekonomiese toestande.

 

Markbehoeftes het ook meegebring dat mense nou meer as ooit tevore behoorlike finansiele beplanning nodig het. Dit het moeiliker geword om maksimum opbrengste te behaal in hierdie onseker ekonomiese tye.

 

Die finansiële adviseur se fokus is op die toevoeging van waarde deur die gee van gesonde, toepaslike, objektiewe advies en die doen van ‘n behoorlike finansiele beplanning vir hul kliente om te verseker dat hul planne effektief en bereikbaar is.

 

BOEDELBEPLANNING

 

Boedelbeplanning behels dat ‘n persoon se boedel op so ‘n manier gereël, bestuur, beveilig en uiteindelik verdeel word dat die persoon self,  sy/haar gesin en ander begunstigdes die maksimum voordeel uit die bates kan kry – gedurende sy/haar leeftyd en daarna, ongeag wanneer hy/sy sterf.

 

Jy kan jou afhanklikes en erfgename maksimum finansiële sekuriteit gee deur betyds te beplan en seker te maak dat jy genoeg likiditeit(kontant) in jou boedel het – deur lewensdekking aan te gaan.

 

Die boedelbeplanningsproses

 

Boedelbeplanning is maar een van die dissiplines van behoorlike finansiële beplanning, en verwys na die opbou, beskerming en verdeling van jou boedel.

 

Die boedelbeplanningsproses kan kortliks in die volgende vier eenvoudige stappe verdeel word:

 

1.         Berekening van boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting.

2.         Berekening van likiditeit om seker te maak dat daar genoeg fondse  is vir:

 

·        Boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting & inkomstebelasting

·        Eksekuteurs- en meestersgelde

·        Verpligtinge soos verbande en bankoortrekkings

·        Hospitaal- en begrafniskoste

·        Een maand se rekeninge

·        Inkomstebehoeftes van ‘n gade en afhanklikes

·        Kontantbemakings

·        Verpligtinge ingevolge ‘n egskeidingsbevel

·        ‘n aanwas-eis deur die langslewende gade.

 

3.         Ontleding van die testamentêre posisie en ‘n oudit van begunstigdes om te verseker dat:

 

·     Die testament geldig, bygewerk en belastingdoeltreffend is

·     Begunstigdeklousules bygewerk is en nie strydig is met die bepalings van die testament nie.

·     Die gade en afhanklikes finansiële sekuriteit geniet, met inagneming van inflasie

·     Voorsiening gemaak word vir voogdyskap en die versorging van minderjarige kinders by wyse van ‘n testamentêre trust

·     Die verdeling van bates volgens die beplanner se wense plaasvind, met inagneming van die verskillende tipes bemakings

·     Daar na oorsese bates omgesien word.

 

4.         Ontleding van maniere om boedelbelasting of kapitaalwinsbelasting tot die minimum te beperk, indien dit ‘n probleem is.

 

Dit kan insluit:

 

4.1 Skenkings

 

4.2 Belê in ‘n Enkelpremie-uittredingsannuïteit

 

4.3 Skep ‘n las

 

4.4 Gebruik ‘n derde party soos ‘n trust of kind om die lewensversekeringspremies op jou lewe te betaal, om likiditeit te skep.

 

4.5 Laat bates aan ‘n gade na

 

4.6 Maak seker elke gade gebruik die R1,5miljoen-boedelbelastingkorting

 

4.7 Oorweeg dit om die waarde van jou groeibates te vries deur hulle na ‘m inter vivos-trust oor te dra.

 

Gevolgtrekking

 

Sommige van hierdie boedelbeplanningstegnieke verg ‘n sekere vlak van tegniese kennis.  Die meeste finansiële adviseurs behoort egter sonder probleme instruksies te kan afneem om ‘n testament vir ‘n kliënt te laat opstel en kan ‘n basiese likiditeit- of kapitaalbehoefte-ontleding doen en ‘n geskikte lewensversekerings-produk aanbeveel om enige tekort te dek.

 


TESTAMENTE

 

Hoekom het jy ‘n testament nodig?

 

As jy wil aandui hoe jou eiendom na jou dood verdeel moet word, moet jy jou wense uiteensit in ‘n dokument wat volgens die bepalings van die wet opgestel word.  Hierdie dokument word ‘n testament genoem.

 

As jy nie ‘n testament maak nie, kan daar nie uitvoering aan jou wense gegee word nie, wat moontlik gepaard sal gaan met verwarring, vertraging, onnodige uitgawes en ongelukkigheid by die mense vir wie jy die voordeel wou gee.

 

As jy sterf met ‘n testament

 

As ‘n persoon ‘n geldige testament nalaat, het daardie persoon testaat gesterf.  Die mense wat erf, word in die testament geïdentifiseer.

 

As jy sterf sonder ‘n testament

 

Wanneer ‘n persoon sonder ‘n testament sterf, of ‘n testament nalaat wat ongeldig is, het daardie persoon intestaat gesterf.

 

  • Die Suid-Afrikaanse reg bevat reëls wat dan outomaties van toepassing is.(intestate erfopvolging)

  • Hierdie reëls bepaal wie die begunstigdes sal wees.

  • Die oorerwing van bates volgens die reëls van intestate erfopvolging kan egter strydig met jou wense wees.

 

Die vereistes vir ‘n geldige testament

 

Die wet stel die volgende vereistes. As enigeen van die vereistes nie nagekom word

nie, is die testament ongeldig:

  • Die testament moet op skrif wees

  • Die testament moet op elke bladsy deur die testateur onderteken word.

  • Die testament moet onderteken word deur ten minste twee getuies wat 14 jaar of ouer moet wees. Hulle hoef slegs die laaste bladsy van die testament te teken.

  • Die getuies en testateur moet in mekaar se teenwoordigheid teken.

 

Samevatting

 

Dit hou baie voordele in om ‘n testament te maak:

 

  • Jy kan besluit vir wie jy wat wil gee en hoeveel daarvan.

  • Jy wil miskien iemand wat nie familie is nie, soos ‘n vriend of liefdadigheidsorganisasie, bevoordeel. Selfs al het jy jou lewe lank saam met jou ou of meisie gewoon, sal hulle nie van jou erf as julle nie familie is nie, tensy jy ‘n testament maak en hulle daarin benoem.

  • Miskien wil jy nie hê dat ‘n bloedverwant jou eiendom moet erf nie. Maar dit sal waarskynlik gebeur as jy intestaat sterf.

  • Jy kan voorsiening maak vir die welsyn van jou minderjarige kinders deur voogde aan te stel en trusts te skep.

  • Jy wil miskien ‘n bekwame en onpartydige eksekuteur aanstel.

  • Dit sal die bereddering van jou boedel vereenvoudig en bespoedig.

 

‘n Kontrolelys

 

Hier is ‘n lys van ‘n paar belangrike dinge wat jy in gedagte

moet hou wanneer jy jou testament laat opstel:

 

  1. Identifiseer jouself baie duidelik in die testament.

  2. Onderteken die testament op elke bladsy.

  3. Minstens twee getuies moet op die laaste bladsy van die testament teken. Die getuies moet minstens 14 jaar oud wees.

  4. Dateer die testament.

  5. Sluit ‘n herroepingsklousule in as jy alle vorige testamente wil kanselleer.

  6. Noem die eksekuteur. Vind uit watter bevoegdhede die wet aan ‘n eksekuteur gee en besluit of jy hom meer bevoegdhede wil gee in jou testament.

  7. Dui aan wie jou eiendom gaan erf as jy sterf. Maak seker dat jy van al jou eiendom rekenskap gegee het in jou testament. Identifiseer jou begunstigdes deur hulle volle name, geboortedatums en verwantskap aan jou te verstrek. Identifiseer die voordele wat jy bemaak deur die eiendom in duidelike, presiese taal te beskryf.

  8. Wanneer jy die word “kind(ers)” gebruik, dink vir watter kinders jy die voordele wil gee. Stel dit duidelik in jou testament.

  9. Wys plaasvervanger-begunstigdes aan indien die begunstigdes wat eerste op jou lys is, voor jou sterf.

  10. As jy nie die gade van ‘n begunstigde in jou eiendom wil laat deel nie, sê dit in jou testament.

  11. Oorweeg of jy jou eiendom in ‘n trust wil plaas-veral as jy minderjarige kinders het. Benoem jou trustee(s). Sit in jou testament uiteen wat jy wil hê die trustees met die trusteiendom moet doen.

  12. Dit is raadsaam om ‘n voog vir jou minderjarige kinders te benoem.

 


 

Contact the Vredendal FNB Sales & Service Adviser, Elsa Swart, for more information on internet banking/eBucks - Tel:  (027) 213 1024 / Cell: 083 654 7227 or visit the FNB site at  www.fnb.co.za

 


 
 

 

 

designed & maintained by

D I G I T A L   A L L I A N C E