|
Vredendal
Rugbyklub
Saterdag, 23 April,
het Vredendal teen 'n baie gemotiveerde span van Delicious te staan gekom.
In 'n wedstryd wat baie wipplank gery het, het Vredendal egter daarin geslaag om
met 26 - 20 te seëvier. Delicious het vroeg in die wedstryd met 7 - 0 voorgeloop,
waarna Vredendal hul ritme gevind het en was Vredendal met die draaislag 13 - 7
voor. Delicious het egter nooit gaan lê nie en het op 'n stadium 20 - 19
voorgeloop, waarna Vredendal weer gaan druk, om uiteindelik met 26 - 20
geseëvier. Hierdie naweek is Vredendal af en hul volgende wedstryd is 7 Mei tuis
teen Excelsiors. Goeie spel is gelewer deur Marius Visagie. Voorlangs het Johan
Weideman oo die oog gevang. Drieë is gedruk: Marius Visagie (2), Johan Weideman
en Koos Thiart. Die wedstryd was in 'n baie goeie gees gespeel en dit was
'n baie aangename dag op Clanwilliam.
|
|
Susanne &
Whilma Groenewald van Hoërskool Vredendal het nou vir die derde jaar 1ste en 2de
by die Suid Afrikaanse atletiek kampioenskappe gekom.
Susanne het
die afgelope jaar by elke byeenkoms die rekord gebreek, sy het ook die nuwe Suid
Afrikaanse rekord opgestel. Hulle is
gekies vir die ASA span. (ATLETIEK SUID AFRIKA)
|
 |